Samantha Fountain het op hierdie wonderlike idee gekom om die revolusionêre Shewee te ontwikkel terwyl sy gestudeer het vir haar BA Hons in Produk Ontwerp te De Montfort Universiteit in Leicester.
Alhoewel sy teruggeneem was deur die eenvoudigheid en funksionaliteit van haar onwerp het sy nogtans onsaglike aanmoediging vanaf haar universiteits lektore ontvang om haar produk verder te neem as die prototipe wat sentraal was tot haar verhandeling.
Die James Dyson Produk Ontwerp Toekenning is aan Samantha toegeken in Julie 1999 vir die ontwerp van die Shewee.
Met al die ondersteuning en die hulp van belangstellende partye langs die pad het Samantha met die lang reis begin om haar produk te vervaardig, te patenteer en te finansier. Jare later is Samantha nou gereed om vrouens se lewens te verander deur die bekendstelling van haar produk.
Samantha se vasberadenheid en deursettings vermoë het haar nie net in staat gestel om haar droom te bewaarheid en 'n welkome verligting aan talle vroue te gee nie, maar het bygedra tot die bekendstelling van haar produk aan die publiek. Samantha hoop dat al die harde werk sal wys en dat vroue hul lewe getransformeer sal vind deur haar klein uitvindsel, Shewee.